Ligging | Yas-eiland, Aboe Dhabi, VAE |
---|---|
Tydsone | UTC+04:00 |
Kapasiteit | 50,000 |
Eienaar | Regering van Aboe Dhabi |
Operateur | Abu Dhabi Motorsports Management |
1e Sooispit | Mei 2007 |
Geopen | Oktober 2009 |
Boukoste | £800 miljoen[1] |
Argitek | Hermann Tilke |
Groot byeenkomste | FIA Formule Een Aboe Dhabi Grand Prix GP2 Asia Series, V8 Supermotors, GT1 World, Gulf 12-uur |
Grand Prix-renbaan | |
Lengte | 5.554 km (3.451 mi) |
Draaie | 20 |
Rondterekord | 1:39.283 ( Lewis Hamilton, Mercedes AMG, 2019) |
Kortbaan | |
Lengte | 4.700 km (2.920 mi) |
Draaie | 19 |
Rondterekord | 1:37.656 ( Charles Pic, Addax Team, 2011, GP2 Asia) |
Die Yas Marina-renbaan (حلبة مرسى ياس) is die tuiste van die jaarlikse Aboe Dhabi Grand Prix. Die baan is ontwerp deur Hermann Tilke,[2][3] en is geleë op die Yas-eiland, ongeveer 30 minute se reis van die hoofstad van die Verenigde Arabiese Emirate, Aboe Dhabi. Yas Marina is een van drie Formule Eenbane in die Midde-Ooste, die ander twee is in Bahrein en Djedda.[4]
Die baan beskik oor kragtige spreibeligting, en al die Aboe Dhabi Grands Prix word as 'n dag-aandwedren gehou, wat baie aanskoulik blyk te wees.