Yslanders | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 450 000 |
Belangrike bevolkings in: | Ysland 295 672[1] Denemarke 8 199[2] |
Taal: | Yslands |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Lutheranisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Germaanse volke soos Dene, Faroërs, Noorweërs en Swede; Iere, Skotte en Walliesers |
Die Yslanders (Yslands: Íslendingar) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Ysland wat 'n gemeenskaplike Yslandse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Yslands as moedertaal praat. Alternatiewelik is Yslanders diegene wat in Ysland woon of in Ysland gebore is.
Yslanders vorm die titulêre nasie van Ysland, waar hulle sowat 93% van dié land se bevolking uitmaak. Wêreldwyd leef sowat 450 000 Yslanders, waarvan 8 199 in Denemarke, 7 839 in Noorweë en 5 204 in Swede.
Die Yslanders is hoofsaaklik nakomelinge van Dene en Noorweërs wat as Wikings omtrent 900 in Ysland gevestig het, asook in kleiner mate van Iere, Skotte en Walliesers.