Ystervark

Ystervark
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Subgenus:
Spesie:
H. africaeaustralis
Binomiale naam
Hystrix africaeaustralis
Peters, 1852

Die ystervark (Hystrix africaeaustralis) is 'n kenmerkende knaagdier wat in groot dele van Afrika (suid van die Sahara) voorkom, buiten die suidwestelike woestyngebiede van dié kontinent.

Ystervarke is snags aktief en vreet hoofsaaklik plantmateriaal. Ystervarke word maklik uitgeken aan die swart-en-wit, harde, skerppuntige penne wat hul rûe en agterlywe bedek. Die res van die liggaam is met lang, stywe borselhare bedek. Die ystervark is die grootste knaagdier in Suid-Afrika.

Die wyfie is ses tot sewe weke dragtig, waarna een tot vier kleintjies gebore word. Ystervarke het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar - baie langer as meeste ander knaagdiere.

Daar word 'n onderskeid gemaak tussen die ystervarke van die Ou Wêreld (familie Hystricidae) en die boomystervarke van die Nuwe Wêreld (familie Erethizontidae). Die ystervarke van albei families is aan die bokant van die liggaam met opvallende penne bedek.

Ystervarke (familie Hystricidae) is klein, stewig geboude nagdiere, maar is die grootste knaagdiere wat in Suid-Afrika voorkom. Vroeër is hulle in dieselfde groep as die boomystervarke geplaas, maar later het dit geblyk dat die 2 soorte tot afsonderlike familiegroepe behoort. Boomystervarke sien daar egter anders uit as die ystervarke wat in die Ou Wêreld aangetref word.


Developed by StudentB