Zimbabwe Krieket | |
---|---|
Kenteken van Zimbabwe Krieket
| |
Engelse naam | Zimbabwe Cricket |
Afkorting | ZC |
Land | Zimbabwe |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1898 |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit op | 21 Julie 1981 |
Vastelandse beheerliggaam | Afrikakrieketvereniging |
Voorsitter | Tavengwa Mukuhlani |
Hoof- uitvoerende beampte | Wilfred Mukondiwa |
Setel | Harare Sportklub, Harare, Zimbabwe |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | zimcricket.org |
Zimbabwe Krieket (Engels: Zimbabwe Cricket, afgekort “ZC”) is die bestuursliggaam wat krieket in Zimbabwe beheer en is by die Harare Sportklub in Harare gesetel. Die beheerliggaam is in 1898 gestig as die Rhodesiese Krieketunie (Rhodesia Cricket Union, “RCU”) en het in 1992 sy huidige naam aangeneem. Dit verteenwoordig Zimbabwe by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by die Afrikakrieketvereniging (Africa Cricket Association, “ACA”).