Kaart | Kenteken |
Embleem | |
Land | Kanada |
Provinsie | Alberta |
Koördinate | 53°32′N 113°29′W / 53.533°N 113.483°W |
Stigting | 1795 |
Inkorporasie | 1892 (dorp), 1904 (stad) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 765,61 vk km |
Hoogte bo seevlak | 645 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2021) | 1 010 899 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 320,9/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 418 118 |
Tydsone | UTC -7 (MST) |
- Somertyd | UTC -6 (MDT) |
Burgemeester | Amarjeet Sohi |
Amptelike webwerf | of Edmonton |
Edmonton (Engels: [ˈɛdməntən], ) is die hoofstad van die provinsie Alberta, Kanada, met 1 010 899 inwoners in die stad en meer as een miljoen in die metropolitaanse gebied (2021). Dit is die tweede grootste stad in Alberta en die sesde grootste in Kanada. Edmonton is die mees noordelik geleë van Kanada se groot stede. Dit is ook een van die grootste stede in Noord-Amerika ten opsigte van sy oppervlakte (765 vierkante kilometer), maar tegelykertyd ook een van die mees ylbevolkte.