Hondsdolheid | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
'n Hond wat hondsdolheid onder lede het. | ||
ICD-10 | A82 | |
DiseasesDB | 11148 | |
MedlinePlus | 001334 | |
eMedicine | med/1374eerg/493 ped/1974 | |
MeSH | D011818 | |
Mediese waarskuwing |
Hondsdolheid, ook bekend as rabies (uitgespreek "ry-bies"), is 'n dodelike virussiekte wat in diere soos honde, jakkalse, meerkatte, hiënas, vlermuise asook die mens voorkom. Die virus word in speeksel uitgeskei en tas die senustelsel aan. Die virus word deur die byt van 'n doldier na die mens oorgedra. Alle besmette diere is gevaarlik aggressief in die dolstadium van die siekte.
Louis Pasteur het in 1885 'n entstof teen die siekte ontwikkel. Hondsdolheid word veroorsaak deur die Lyssa virus (hondsdolheidvirus).[1] Die siekte word versprei wanneer 'n besmette dier speeksel oordra of wanneer 'n mens of 'n ander dier gebyt of gekrap word.[2] Die speeksel kan die siekte oordra wanneer dit in aanraking kom met die oë, mond of neus.[2] In 99% van hondsdolheidgevalle, in lande waar die siekte voorkom, word dit deur hondebyt veroorsaak.[3] In die Amerikas is vlêrmuisbyte die mees algemene oorsaak van hondsdolheid by mense en minder as 5% is afkomstig van honde.[2][3] Knaagdiere word selde met hondsdolheid besmet.[3] Die hondsdolheidvirus reis na die brein deur die perifere senuwees te volg. Die siekte kan slegs gediagnoseer word na die aanvang van simptome.[2]
Inentingsprogramme en dierebeheer het die risiko van hondsdolheid, afkomstig van honde, verlaag in talle wêrelddele.[2]
Hondsdolheid veroorsaak elke jaar ongeveer 24 000 to 60 000 sterftes ter wêreld.[4][5] Meer as 95% van die sterftes onder mense kom in Afrika en Asië voor.[2] Hondsdolheid is teenwoordig in meer as 150 lande en op al die vastelande behalwe Antarktika. Verskeie lande insluitend Amerika, Kanada, Japan, Australië en Wes-Europa het geen hondsdolheid onder honde nie,[2][6][7] en in talle klein eilandnasies is hondsdolheid ook afwesig.[8] In Suid-Afrika is dit endemies en is daar in 2021 nog meer as 'n dosyn gevalle by mense aangeteken.[9] Meer as 3 miljard mense woon in streke van die wêreld waar hondsdolheid voorkom.
<ref>
tag; no text was provided for refs named Giesen2015