'n Livrei is die ampsuniform van 'n lakei wat aan 'n koninklike hof werksaam is. Dikwels is die dra van 'n livrei die uitvoering van 'n eeu-oue tradisie. In die verlede het edelliede ook hul eie lakeie gehad. Dié tradisie het na die Tweede Wêreldoorlog verdwyn.